Ovie Nuus

‘n Dankbare Ovie: Nushka de Beer het die geleentheid om Suid-Afrika in Japan te gaan verteenwoordig by die Sagtebal Senior Wêreldbeker wat op 2 Augustus begin. Hoërskool Overkruin kon vir haar ‘n kontantbedrag skenk waaroor sy baie dankbaar is. Sy beplan om vir haarself ‘n nuwe kolf aan te koop. Sy sê: “Ek was nog nie een dag spyt oor my keuse om ‘n Ovie te word nie. Dankie vir elkeen wat vir my omgee.” #TrotsOverkruin#OviesinAksie