Osies vewelkom Mnr. Marius Walkenshaw

Ons verwelkom ons nuwe hoof – Mnr. Marius Walkenshaw
Mnr. Walkenshaw het BA, HOD en B.Ed Honeurs (Onderwysbestuur) grade verwerf en werk sedert 1991 in die onderwys.
Mnr. Walkenshaw is getroud met Marinda en hulle het 2 dogters. Wat vir ons onder andere uitgestaan het van Marius gedurende
die onderhoude is sy integriteit, leierseienskappe en bestuurstyl en sy persoonlike oortuigings wat in lyn is met ons skool se waardes.
Ons is positief dat mnr. Walkenshaw nie net ‘n aanwins vir Laerskool Pretoria-Oos as hoof sal wees nie, maar ook vir elke kinderhart en ouer gemoed. Saam bou ons ‘n nuwe toekoms in Osieland. 
Laerskool Pretoria-Oos is ‘n relatief klein Afrikaanse skool met ‘n unieke karakter waar waardes soos liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid,goedhartigheid, gehoorsaamheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing nagestreef en gevestig word.
Ons klasse is relatief klein danksy die feit dat daar heelwat meer addisionele personeel deur die ouers aangestel word, as personeel wat hier Departmenteleposte het wat dus beteken dat elke kind meer persoonlike aandag kan geniet. Ons spog met ‘n span toegewyde  en liefdevolle opvoeders wat regtig bereid is om die spreekwoordelike  “ekstra myl” vir die leerlinge te loop en ons slaag goed daarin om elke Osie daagliks met  ‘n glimlag huis toe te kan stuur.Alhoewel ons baie trots is op al ons leerlinge se prestasies in die  verlede en ook tans op diegebied van akademie, sport en kultuur,  plaas ons ‘n hoër premie op dié van deelname en die genot daarvan.Osies het een goue reël en dit is RESPEK. Die maats weet dat respek in die eerste plek by jouself begin in alles  wat jy doen en ook wat jy sê.   Laerskool Pretoria-Oos  is ‘n skool waar kinders nog spontaan kind  kan wees en kaalvoet kan speel  sonder die  oormatige druk om te moet  presteer ter wille van prestasie.

leave a reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.