Aksie vanuit die Kaap

Westridge Yankees goed op koers vir League en KO Cup double 
JOE PILLAY
DIE sagtebalspanne van Westridge Yankees en Kenfac Phillies het Sondag tot die eindstryd van die Kaapstad Sagtebalvereniging se Uitklop-kompetisie deurgedring.
Dit na die bogenoemde spanne in die twee halfeindstryde in die Superliga-kompetisie in die Turfhall-stadion met sy teenstanders afgereken het.
Nietemin het Westridge Yankees van `n 0-7 agterstand teruggeveg en terselfdertyd van sy ou glans gevind toe hy Glenthorn A’s in `dramaties en aanskoulike stryd met 16-7 geklop her.
Intussen het die verdedigende kampioen Falcons egter op sy herrie gekry toe Kenfac Phillies op verrassende wysse met 8-4 geseevier het.
Terwyl in die mans se Major League halfeindstryde het Hamiktons Green sy stem dikgemaak en Westridge Yankees met 12-3 verneder terwyl Khayelitsha Eagles op sy beurt Hamiktons Black mwt 13-0 verslaan het.
Die eindstryde vind plaas op Sondag, 10 Maart in de Turfhall-stadion plaas. 
Nietemin met Glenthorn A’s wat in `n stadium met 7-0 voor was, het baie van die spt se liefhebbers Yankees afgeskryf – maar die Mitchell’s Plain se span het danksy `n puik kolfvertoning in die vyfde beurt sewe lpiess aangeteken om sake gelykop te maak.
In die daarop volgende beurt – die 6de en begin van die tie-breaker beurt – het die game en wiel begin draai toe Yankees nege lopies van Lisa Erasmus se gooiwerk gemoker het Dit het gesorg dat Yankees vurdie eerste keer met 16-7 voor in die wedstryd geloop het en ook due strtd beklink het. 
Nietemin het Megan Cable die gooiwerk vir Yankees behartig. 
Sy het in 6 beurte 33 kolwers trotseer, 2 kolwers uitgeknikker, 4 vrystappe prysgegee en 10 rushoue toegelaat waarvan Bronwyn Marshall 3-4, Lisa Erasmus en Deidre Sassman elk 2-4 die beste vir Glenthorn A’s gevaar het.
Die Mitchell’s Plain se span het danksy `n prag kolfvertoning deur Nicole Alexander 1-3 (wat `n three bagger geslaan het), Melissa Christians 2-3. Candice Bull 3-5, Nuraan Williams, Candice Bull, Charmelle Whiteboy en Megan Cable elk 2-4 het sowaar die deurslag gegee dat hul span die wa deur die drif trek.
Wat die liga betref is Westridge Yankees ook op koers om die liga-titel te wen. Daar is nog drie wedstryde oor om te speel en op die oomblik is die liga-reeks op `n mespunt gebalanseerd.
Westridge Yankees is voor in die wedloop met 43 punte na 18 kragmetings en kan dalk in die naweek se double header teen Falcons en Glenthorn A’s onderskeilik die liga wen mits hy op die wenkant bly.
Die ander bekerjagters in die prentjie is Lavender Hill, Falcons (42punte elk) en Glenthorn A’s wat op 41 punte staan.— with Noore Nacerodien.

leave a reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Reendex

Must see news